13 dae gelede
Maak reg vir Jerome se jol
STIEK YT, NÈ! Jerome­ Rex se aanlyn show Locally Produced gaan ’n musical extravaganza wees. foto’s verskaf  ~ 

JY MOET jou maar regmaak vir Jerome Rex se groot musiek-opskop, Locally Produced!

Dit is die Ghoema-bekroonde rapper se eerste aanlyn konsert vir hierdie somer.

Die konsert is ’n celebration vir almal wat die rapper se musiek ondersteun – as jy ’n song wil hoor, dan gaan hy dit speel.

Saam met die rapper gaan twee van die beste DJ’s jou in hierdie konsert vermaak.

Die legendariese grand master DJ Ready D en die gewilde DJ Eazy gaan op die decks wees.

En asof dit nie genoeg is nie, gooi Jerome ook nog ’n live vyfstuk-orkes innie mix.

Bradrock gaan op die drums wees, Eddy Strings gaan die kitaar slaan, Robin Thompson tokkel die baskitaar en Micabyte doen diens op die keys.

Jerome verduidelik 2020 het hom genoop om sy kreatiwiteit te vernuwe.

Geleer

“Sedert Covid-19 die wêreld hard geslaan het, veral vir musikante en entertainers, is dit belangrik om die musiekbedryf aan die gang te hou deur sulke events soos hierdie te reël.

“Die jaar 2020 het my geleer om my kreatiwiteit te revolutio­nise en iets unieks aan die musiekliefhebbers regoor die wêreld te bring.”

Jerome moedig ons aan om in hierdie tyd bankvas agter plaaslike musikante te staan.

“Die show Locally Produced is ’n offering om 2021 te kick-start met die regte kaliber musikante, kunstenaars en creatives om ons te herinner om die musiek te laat aanhou, maak nie saak hoe moeilik dinge vir ons in die musiekbedryf raak nie.”

Locally Produced kan jy op 15 Januarie om 19:00 in die gemak en veiligheid van jou eie huis geniet.Jy kan sommer nou al jou kaartjies teen R80 elk op Quicket bespreek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters