8 dae gelede
Maak gereed vir lekker lag
GRAPJAS: Schalk Bezuidenhout is vanaand die gasheer in die eerste episode van Comedy Mixtape.  ~ Foto Verskaf

ONS kan nou Vrydagaande knus opkrul voor die kassie en lekker saam lag met van die beste komediante in Suid-Afrika.

SABC 2 launch vanaand die eerste episode van sy nuwe program Comedy Mixtape.

Dis ’n collaboration deur van Mzansi se beste komediante waarin hulle stand-up comedy mix met sketches en parodie-songs.

Die program beloof om komedie vir die hele familie te wees.

Elke episode gaan aangebied word deur ’n welbekende ster in die komediebedryf.

Dit showcase opkomende sterre om jou ’n eg Suid-Afrikaanse ondervinding te gee.

Vanaand is die skreeusnaakse Schalk Bezuidenhout die gasheer.

Die talentvolle Mel Jones gooi ook ’n draai in vanaand se episode. Op volgende week se episode is die dinamiese Tumi Morake die aanbieder en die opkomende ster Phil de Lange join haar.

Die komediante wat in die ander episodes te sien gaan wees, is Riaad Moosa, Barry Hilton, Stuart Taylor, Nina Hastie, KG Mokgadi, Nik Rabinowitz, Ndumiso Lindi, Rob van Vuuren, Shimmy Isaacs en heel laaste – die land se gunsteling-puppet, Chester Missing!

  • Comedy Mixtape het 12 episodes en begin vanaand 19:30.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters