7 dae gelede
Loyiso kry sy eie Netflix original
GRAPJAS: Loyiso Gola se show Un­learning word op 23 Maart op Netflix uitgereik.  ~ Foto Verskaf

LOYISO Gola bring op 23 Maart vir ons die Netflix original comedy show Unlearning.

Wie kan vergeet hoe hierdie komediant en die supersnaakse en soms omstrede puppet Chester Missing ons laat lag het met die show Late Nite News with Loyiso Gola?

Maar vanjaar bring Gola vir ons iets anders.

Die komediant se nuwe show handel oor homself en sy ervarings as ’n Suid-Afrikaanse man.

Die 37-jarige ondersoek die persepsies en gedrag wat ons in ons kinderjare leer, maar moet verander om beter volwassenes te kan wees.

Die grapjas neem die kyker op ’n reis deur die prisma van sy eie ervaring van volwassenheid en manlikheid in die apartheidsjare in Suid-Afrika.

Unlearning is die eerste Afrika-original vir die jaar 2021. Die show is voor ’n klein gehoor in die Zeitz Mocaa-museum by die V&A Waterfront opgeneem.

Dit was egter nie die eerste keer dat hy die show gedoen het nie.

Tuis

Voordat Gola sy spesiale een uur lange comedy show na sy geboorteplek, die Moederstad, gebring het, het dit in 2017 in Edinburg gedebuteer.

Later was dit te sien in die Londense Soho Theatre en dit was deel van die Melbourne Comedy Show.

Een van ons eie is tuis en ons is gereed om weer te lag – veral ná laas jaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters