Verlede maand
Lovey-dovey berk het dark secret
GEBROKE: Lasizwe Dambuza was ses maande saam met die berk wat dié naweek sy hart gebreek het.  ~ Twitter

DIT het toe vir Lasizwe Dambuza in trane geëindig.

Die reality TV-ster het Maandagaand in ’n live video met die sosialemedia-persoonlikheid Lemii Loco gehuil oor hoe sy nuwe berk sy hart gebreek het.

Dambuza het mos onlangs omtrent gespog oor die nuwe geliefde wat nie skaam is om in die openbaar liefde te wys nie. Die ster was tot oor sy ore verlief op die berk, wat glo hier in Kaapstad bly. Maar toe kom die berk dié naweek en draai hom ’n lelike rat voor die oë.

Uitgaan

In die video vertel Dambuza met trane in sy oë hy het sy berk by die lughawe in Johannesburg afgelaai nadat die ou by hom gekuier het.

Dambuza wou die aand saam met sy vriende uitgaan omdat hy hartseer was omdat sy berk terug huis toe is – en daar loop hy die einste berk later in ’n bekende nagklub in Johannesburg raak!

En dít nogal nadat Dambuza die snaar se vliegtuigkaartjie betaal het.

Sjym, my hart bloei vir Da­mbuza. Niemand verdien sulke verraad nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters