KELLY Khumalo wil nou op die straight and narrow paadjie bly en dololo voggies in haar keel afgooi.
Dit is eintlik ’n bietjie wild en baie controversial, want net onlangs het Kelly ’n gospel-album én haar eie gin brand, Controversy Gin, uitgereik.
Verdoem
Ek sien op ZAlebs die “Loshona Nini”-sangeres sê alkohol sal maak dat haar magie nie meer so plat is nie. Sy het mos onlangs ’n operasie ondergaan om haar middeltjie dunner te maak.
“Ek dink my verhouding met alkohol is verdoem. My liggaam kan nie meer nie; hoekom drink ek nog?
“Ek lê wakker en probeer uitklaar hoekom ek dit aan myself doen. Regtigwaar, dit kan nie my lewe wees hierdie nie.”
Ek wonder net hoe hierdie besluit haar gin-besigheid gaan raak?