2 maande gelede
Lorcia skiet weer tonele ná Covid
WEER GESOND: Lorcia Cooper Khumalo is terug by die werk nadat sy van Covid-19 herstel het.  ~ Gallo Images

LORCIA Cooper Khumalo is weer op die been.

Dié Safta-bekroonde aktrise het die goeie nuus met Mzansi gedeel en ons ’n update gegee van wat in haar lewe gebeur het nadat sy positief vir Covid-19 getoets is. Die aktrise, danser en TV-persoonlikheid het haar ervaring op IG gedeel.

“Ek is oneindig dankbaar. Ek het 12 dae lank geïsoleer en my familie in fight mode sien gaan ... Ek erken en getuig dat hulle al my gebede op een plek bymekaar was.

“Dit was 12 dae van verskuiwing, herskikking, wedergeboorte en afrekening met myself.”

Die The Estate-aktrise het ook haar fans gerusgestel dat sy terug by die werk is.

“Ek het verlede week die kans gekry om weer werk toe te gaan.

“Ek het 46 tonele in 5 dae geskiet. Ek het gekies om hierdie foto’s met sommige van die crew te post wat myns insiens dit soveel makliker maak.

Uiteindelik

“Ek stuur liefde, krag en genesing aan almal, veral in hierdie uitdagende tye. Dit sal alles uiteindelik regkom of dit is eenvoudig nie die einde nie ... Nog meer geseënde weke lê voor.”

Dit lyk asof onse Lorcia weer gereed is om die wêreld te verower.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters