16 dae gelede
Lorcia kyk terug op ikoniese Backstage-dae
Reunion
Die rolverdeling van die destydse sepie Backstage was die week op ’n oggendprogram op e-tv.  ~ Verskaf

“ONS is van die eerste mense wat Kaaps op nasionale televisie gepraat het."

Dit was die woorde van die Safta-benoemde aktrise Lorcia Cooper-Khumalo toe die legendariese rolverdeling van die destydse sepie Backstage die week ’n reunion op ’n oggendprogram op e-tv gehad het.

Die akteurs Lorcia Cooper-Khumalo, Loyiso Mangena en Charl Timotheus het met Pabi Moloi gesels oor hul ikoniese oomblikke op die kassie.

Lorcia, wat die rol van Charmaine gespeel het, sê dit was vir haar ’n droom om saam met die oorspronklike cast te reunite.

“Wat ’n ongelooflike oomblik om saam met my mede-akteurs te wees en die oomblikke te herleef waar ons so jonk was en in te neem waar ons nou is.

“Dit is ‘n pragtige trip down memory lane en dit inspireer my om te onthou waar my loopbaan begin het.”

Sy het bygevoeg dat sy en haar medeakteur Clint Brink baanbrekers was deur Kaaps op televisie te praat. Backstage was ’n jeug-sepie wat die storie vertel het van die fiksionele Vulindlela College – ’n instelling vir die uitvoerende kunste vir die jeugdiges in Johannesburg. Dit het op 1 Mei 2000 tot en met 6 Julie 2007 op die televisie uitgesaai. Die sepie is geskep deur die legendariese TV-maker Mfundi Vundla.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters