7 dae gelede
Local liefies gou ook verlei
VOL DRAMA: Showmax het aangekondig Suid-Afrika gaan sy eie weergawe van Tempation Island kry.  ~ Foto Verskaf

SHOWMAX het die regte gekoop vir sy heel eerste inter­nasionale reality-TV-reeks­formaat: Temptation Island.

Dié show is een van gewildste dating shows, veral omdat dit so baie drama in verhoudings meebring en julle weet mos dié girl likes drama.

Dít is hoe dit werk: Die show is die laaste toets voordat jy en jou liefie die groot stap (huwelik!) waag.

Vier paartjies kom op die show om te sien of hulle gereed is om die res van hul lewe saam met mekaar deur te bring en of hul paadjies maar eerder moet skei.

Die paartjies word dan van mekaar geskei: Die mans woon in die een huis en die vroue in die ander huis.

Dan gaan sluit ’n groep single mans hulle by die vroue aan en ’n groep single vroue probeer die deelnemende mans verlei.

Rekord

Die paartjies sien mekaar vir die duur van die show glad nie.

Al wat hulle sien, is video’s van wat hul meisie of ou in die ander huis saam met al die nuwe singles doen. Aan die einde van die show moet hulle besluit of hulle voortgaan met die verhouding.

Lekker dramaties, nè?

Candice Fangueiro, die inhoudshoof by Showmax, sê: “Suid-Afrikaners hou van reality TV. Onlangs het The Real Housewives of Durban die rekord gebreek vir die meeste first-day views op Showmax.

“Ons gebruikers het reeds die eerste twee seisoene van Temptation Island USA verslind. Ons is vol vertroue dat hulle na nog smag, veral as ons unieke Suid-Afrikaanse spice in die mix gooi.”

Dieselfde produksiehuis wat die briljante plaaslike reality-reeks Survivor SA vervaardig het, Afrokaans Film & Television, gaan Temptation Island SA hanteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters