13 dae gelede
Lobola gekoop vir troue-talks
REG VIR TROU: Mampintsha het vee gekoop om lobola te betaal vir sy aanstaande, Babes Wodumo.  ~ Twitter

MAMPINTSHA is reg om sy uncles na Babes Wodumo se uncles te stuur om oor lobola te gesels.

Ek het julle mos vertel Mandla Maphumulo, oftewel Ma­mpintsha, het Bongekile Simelane, oftewel Babes Wodumo, op 29 Oktober gevra om met hom te trou.

Die omstrede paartjie het verloof geraak tydens ’n onderhoud op Gagasi FM se drive show.

Mampintsha het in die sosiale media ’n foto van gesonde en vet­gevoerde vee gedeel.

Dwelmgebruik

En in die caption het hy geskimp dat hy ’n paar vee gekoop het om vir sy aanstaande vrou te betaal.

Die paartjie is al deur baie – van mishandeling-sake en beweerde dwelmgebruik tot hul dramatiese gewigsverlies. Aan die einde het hulle mekaar tog gekies.

Ons kan hul journey vroeg volgende jaar volg op hul nuwe TV-program op Showmax, Uthando Lodumo.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters