Verlede maand
Ligte, kamera, aksie!
oefen: Dillyn Weitz (links) en John Jacobs wys wat in hulle steek vir ’n rol in die movie. Foto’s: SALMON SMITH  ~ 

SATERDAG was die gange in die Tygerberg-sentrum in Bellville volgepak met hoopvolle aspirant-akteurs wat graag hul buiging wil maak in die nuwe film White Lies: The War Has Just Begun.

Die fliek gaan oor human trafficking. Dit word binnekort in en om Kaapstad verfilm, met die bekende komediant Ashley Pienaar aan die stuur.

Bekendes soos Loukmaan Adams en Kaylene Bergstedt gaan ook daarin wees.

Mense, groot en klein, oud en jonk, het van ál die uithoeke van die Kaapse Skiereiland en selfs van sover as die Boland vir die laaste ou­disie ingestroom.

in RY: Aspirant-akteurs wag gespanne vir hul kans in die oudisie.

Valkoë

Die paneel beoordelaars het uit Ashley, Joël Ruiters (produksiebestuurder) en Ayden Croy van Suidooster bestaan.

Hulle het alles met valkoë dopgehou en sommer uit die staanspoor duidelik gemaak wat hulle in ’n akteur soek.

Hulle was ferm, maar redelik. En daar was natuurlik ook tyd vir ’n grappie of twee om die ergste nerves te laat wyk.

Ashley noem ook dat PGF Film Academy, in samewerking met Pebbles Film Productions, werksessies op Saterdae aanbied.

Dis vir opkomende akteurs sodat hulle meer kan leer oor die filmbedryf.

Ashley beplan om die rolprent reeds in Oktober uit te reik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters