6 maande gelede
Leen jou oortjies
KRY DIT: Leon Jaftha se albumOnse Koortjies – Different met Leon Jaftha en Vriende: Volume 2 is onlangs uitgereik.  ~ Foto Verskaf

“ONS het bekende koortjies ’n vars aanslag gegee.”

Só vertel Leon Jaftha van Graaff-Reinet opgewonde oor sy nuwe album, Onse Koortjies – Different Met Leon Jaftha en Vriende: Volume 2. Die album is in Maart ­uitgereik.

Huisaltaar

Dit sluit nege bekende ­koortjies in, asook een koortjie genaamd “Die Here Is Net Goed”, wat Jaftha geskryf het.

“Ons bekende koortjies word op ’n onbekende manier ­gespeel,” vertel hy.

“Die lied is deur Covid-19 geïnspireer waar ek weer besef het hoe goed die Here vir ons is. Baie het hul ­geliefdes verloor, maar hier staan ons nog.”

Jaftha glo dat koortjies die ding is wat hom en sy familie gedurende die nasionale inperking naby aan God gehou het.

“Die rede waarom ek ’n ­koortjie-album opgeneem het in die tyd van die pandemie is omdat ons geforseer was om as families huisaltaar te hou.

“En as ’n koortjie op die Woord gebaseer is, kan dit nie oud word nie.

“Dit was ook ’n tyd om seker te maak dat ons op die regte pad bly en dit het ons nader aan die Here gebring.

“Dit het ons ook opnuut herinner waarvandaan ons kom.”

Leon sê hy was bevoorreg om vir die nuwe album kragte met sy seun saam te snoer.

Flavour

“Ek is so geseënd om saam met Barleon Jaftha, my seun, in die ateljee te werk.

“Hy het net ’n different ­flavour gebring, veral wat die ritmes van die musiek betref.”

As jy belangstel om Onse Koortjies – Different Met Leon Jaftha en Vriende: Volume 2 te koop, kan jy ’n WhatsApp aan Jaftha by 078 939 1353 stuur.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters