8 dae gelede
Laitie skyn as akteur
GRAPJASSE: Westiano Pholman, beter bekend as Bubblegum, en Julian Tsepo laat mense lag met hul viral video’s.  ~ Salmon Smith

HY IS maar net 7 jaar oud, maar sy bekkie is al 50.

Só het die klein social media celebrity Westiano Pholman, beter bekend as Bubblegum, in ’n onlangse funny video clip verkondig.

En met daai parmantige, slim bekkie wat so klap en sy bekende sêding, “Bubblegum, what you want?” het hy diep in baie mense se hart kom inkruip.

Bubblegum is al daarvoor bekend dat hy altyd ’n kaart reg het vir “Boeta Jul” (Julian Tsepo). Followers van die Facebook-groep en YouTube account Young­ Hope Liberation sal weet.

Die funny video memes van Bubblegum word deur almal geniet.

Liberate

Son het so ’n bietjie met Julian Tsepo, die man agter Young Hope Liberation, gaan gesels.

“Young Hope Liberation is afgelei van my naam en van, Julian Tsepo. Julian beteken young en Tsepo beteken hope,” vertel Julian. “Ek het dié idee al ses jaar gelede gehad. Ek wou toe iets begin met dié konsep, maar ek het nooit gedink dat dit op social media-platforms sou kom nie.

“Ek wou ons bruin gemeenskappe liberate, want ons is so vasgevang in die mind van gangsterism, domestic violence en dwelms en kan daardeur nie vorentoe beweeg nie.

“Kyk, ek het ’n diploma in acting en het agt jaar teaterproduksies gedoen. Ek het toe Langebaan toe gekom en gesien dat hier nie ’n entertainment­bedryf of platforms is nie. Maar hier is ’n klomp talent.

“Ek het toe begin om ’n reeks genaamd Three Corners vir social media te vervaardig. Ek’t toe Bubblegum se pa en ma, Wesley en Melissa Pholman, as akteurs gebruik.

“Tydens die skiet van een van die episodes het Wesley sy seuntjie Bubblegum, toe nog net ses jaar oud, saamgebring stel toe en dis waar ek die talent in die laitie raakgesien het. En die res is geskiedenis.”

Julian noem dat hy die inspirasie vir idees meestal van Facebook memes kry wat hy dan live maak. So ook dinge wat in sy gemeenskap gebeur. Sy droom is om sy eie entertainment­bedryf­ hier aan die Weskus te vestig.

Toe ons vir Bubblegum vra wat hy eendag wil word, antwoord die klein mannetjie vinnig: “ ’n Actor! Ek wil oppie tievie wees en innie movies. Ek laaik vir Bompie (Jarrid Geduld) in Arendsvlei, want hy is ’n kwaai actor.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters