20 dae gelede
Kyle glo nederigheid is geheim tot sukses
DEELNEMER: Kyle Jacobs is in die top-30 van die Mnr. SA-kompetisie.  ~ Foto Verskaf

“EK GLO geloof speel ’n belangrike rol en dit is ’n gawe van God.”

Só sê Kyle Jacobs van Plettenbergbaai wat tans in die top-30 van die Mnr. SA-kompetisie is.

Hy is baie opgewonde oor dié uitdaging.

“Ek het reeds baie uit die proses geleer.

“Ek is dankbaar vir familie en vriende wat my tot hier toe so ongelooflik ondersteun het.

“Ons leef tans in moeilike tye weens die pandemie, maar as ons deurdruk en saamstaan, gaan ons dit maak.

“Dit was onverwags, maar dit het my geleer om doelgerig te bly.”

Kyle vertel dis ’n voorreg om saam met organisasies soos Reesa Frailcare, Beyond a Glance en Sukhubulhle Home Care Centre te werk.

Hy glo met die regte gesindheid sal jy ’n ver pad stap en om nederig te bly is die geheim tot sukses.

“My dryfkrag is om elke dag ’n beter persoon as gister te wees en ook om ’n inspirasie vir die jeug te wees.”

Stem vir Kyle deur MRSA94 te SMS na 40439.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters