6 dae gelede
Kykers kla geliefde Kat moet tog net terugkom kassie toe
HY'S ONS OUTJIE: Twitter-gebruikers is glad nie opgemaak met Katlego Maboe se plaasvervanger in die Outsurance-advertensies nie.  ~ Facebook

MENSE in die sosiale media is nie hêppie oor Katlego Maboe se replacement in die Outsurance-advertensies nie.

Ek sien op Zalebs die omstrede aanbieder was weer boaan Twitter se trending list.

Die versekeringsmaatskappy het mos al die reklame­materiaal waarin die mediapersoonlikheid verskyn van die lug afgehaal nadat sy jol-skandaal op die lappe gekom het.

En nou is Twitter glad nie hêppie met Katlego se plaasvervanger nie.

Die talentvolle mediapersoonlikheid en aktrise Elana Afrika-Bredenkamp verskyn op die oomblik in Outsurance-advertensies.

’n Twitter-gebruiker dink dít was nie ’n baie blink idee nie.

Afgewaterde

“Watter gemors vang Outsurance aan met die Elana Afrika-veldtog?

“Dit lyk soos ’n goedkoop, afgewaterde version van die advertensies waarin Katlego Maboe verskyn het. Hulle moes maar eerder die drivers uit die ad gelos het.”

’n Ander gebruiker glo skoons dis tyd dat Kat self ’n terugkeer maak.

“Bring Kat terug. Waar hy sy privaat dele druk, is niemand se saak nie,” het die gebruiker laat hoor.

Daar is reeds 74 600 handtekeninge op ’n petisie wat vra dat Katlego ’n terugkeer na die kassie maak.

Eers kla mense Kat se advertensies moet verwyder word en nou word gekla oor sy plaasvervanger.

Ons weet ook nie aldag wat ons wil hê nie, nè?

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters