Verlede maand
KYK: Nuwe ster in titelrol
HET DIE MOVES: Rushney Ferguson is die choreograaf vir die show Cinderella & FrikaDella.  ~ Jonathan Lestrade

“DIE musiek wat ons vir Cinderella & FrikaDella gekies het, is familiar favourites, so dit is goed wat ons elke dag op die radio hoor.”

Só sê die choreograaf Rushney Ferguson oor die lagwekkende produksie wat tans in die Roxy Revue Bar in GrandWest op die planke is.

Sy vertel: “Die musiekdirekteur, Charlton Daniels, het dinge baie maklik gemaak.

“Omdat dit familiar favourites is, was dit baie maklik om die steps by die songs te sit.”

Julle sal Rushney herken as een van die Maak My Famous-mentors.

En as jy ’n teaterganger is, sou jy Rushney gesien het in die David Kramer-produksies Danger in the Dark en Langarm.

Julle moet glad nie vir Rushney by die (baie mooi) gesig kyk nie. Sy is ’n triple threat wat kan sing, dans én toneelspeel.

Talentvolle

Juis daarom is sy die perfekte plaasvervanger vir Nicoleen Saal, wat die rol van Cinderella vertolk het.

Nicoleen is siek en Rushney moes Woensdagaand en Donderdagaand die rol van die skugter en talentvolle Cinderella vertolk.

Sy vertel die show het elke aand ’n magic van sy eie.

“Die show is nooit dieselfde nie. Elke aand kry ons ’n ander tipe gehoor en hul energie bring iets anders na die show.”

Rushney verduidelik hoekom ’n mens moet ytstiek om die show te kyk: “Julle gaan lag totdat julle lê. Moenie dit misloop nie.”

  • Cinderella & FrikaDella is nog tot 20 Desember by die Roxy Revue Bar te sien.

Kaartjies vir deur die week kos R120 en oor naweke is dit R150.

TALENTVOL: Rushney Ferguson staan tans in vir Nicoleen Saal, wat oorspronklik die rol van Cinderella in Cinderella & FrikaDella vertolk het. Foto: Jonathan Lestrade

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters