13 dae gelede
Kwaito-ster Mshoza sterf skielik
Mshoza
Mshoza  ~ Drum

DIE kwaito-ster Mshoza (37) is nie meer saam met ons nie.

Haar bestuur het Donderdag bevestig dat sy skielik in die hospitaal gesterf het.

Die verklaring lees: “Dit is met groot hartseer dat ons die ontydige dood van Nomasonto "Mshoza" Maswanganyi bekendmaak.“

Die hitmaker van 'Kortes’ het vroegoggend vreedsaam gesterf.

“Sy gaan vreeslik gemis word as die ultimate entertainer wat mal daaroor was om op die verhoog te wees.“

Nie net het sy star quality uitgestraal nie, Mshoza was ’n media-darling.”

Daar is nog geen verdere inligting rondom die dood van die sogenaamde “first lady van kwaito” bekendgemaak nie.

Mshoza se vriende in die vermaaklikheidsbedryf rou oor haar skielike dood.

Khanyi Mbau, een van Mshoza se vriendinne, skryf op Instagram: “Rus in vrede, my liefde. Ek is moeg van 2020.”

Die mammie van twee het groot spore in die kwaito-bedryf getrap.

Sy het op die ouderdom van 10 haar loopbaan as danser begin. Sy het toe in die laat 1990’s ’n lid geword van die dansgroep Chiskop. 

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters