16 dae gelede
Kry antwoord op ál jou vrae
LOER IN: Die akteur Merlin Balie kuier saam met Jonathan Rubain in die ateljee.  ~ Foto Verskaf

DIÉ Sondag gesels Jonathan Rubain in sy gewilde gospelprogram Koortjies oor geloof in die werkomgewing.

Belangrike vrae gaan in die episode beantwoord word: Hoe maak ’n mens in moeilike of ongemaklike situasies?

Hoe gedra jy jouself? Hoe reageer jy teenoor mense van ander gelowe?

Arendsvlei se Merlin Balie en Jonathan se musikantvriend Jayson Sheldon gaan saam in die ateljee kuier.

Moet ook nie op Moedersdag volgende Sondag die program misloop nie.

Suidooster se Jill Levenberg en haar ma gaan inloer en die gospelmama, Gerty Ryan, kuier saam om ons met haar musiek te vermaak.

Koortjies met Jonathan Rubain word elke Sondag 18:00 op kykNET & Kie (DStv-kanaal 145) gebeeldsend.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters