17 dae gelede
Koortjies is terug
Feestyd oppie kassie: Jonathan Rubain is volgende jaar terug met Kersfees en Koortjies.  ~ Verskaf

GOEIE nuus! Koortjies met Jonathan Rubain is terug!

Jonathan het in ’n Facebook-video die nuus gedeel dat kykNET & kie se Koortjies met Jonathan Rubain volgende maand terug op die kassie is vir ’n spesiale Kersfees-aflewering. Kykers gaan bederf word met vier episodes – een vir elke Sondag van Desember!

In die eerste aflewering van Kersfees en Koortjies seën­ Amy Jones ons met een van haar nuwe liedjies, terwyl Neville D en Reggie B kragte saamspan om die gewilde “Die Here is Kwai” vir die eerste keer saam te perform.

Reggie B is nie die enigste Maak my Famous-deelnemer te sien nie.

Die seisoen 1-wenner, Cheswyn Ruiters, Tarryn Lamb, Daylin Sass, asook seisoen 2 se wenner, Nicoleen Saal, kry almal ’n beurt om jou te vermaak!

Highlights

Asof dit nie genoeg is nie, kuier Rochelle Liedeman, Robin Pieters, Jarrad Ricketts, Craig Lucas en Paxton Fielies ook op die Koortjies-verhoog.

Die Community Philharmonic Orchestra kom wys ook wat in hom steek.

Kersfees en Koortjies is vir my een van die highlights van die jaar. Dis net so gepas en perfek, want daar is so baie dinge wat oor die Kerstyd in die slag bly. So, ons gebruik dié program om Kersfees te celebrate,” vertel Jonathan.

En die goeie nuus stop nie daar nie! In dieselfde video bevestig Jonathan hy sal in April terug op kykNET & kie­ wees vir ’n tweede seisoen van sy gewilde program.

  • Skakel van 6 Desember van 18:00 in op kykNET & kie, DStv-kanaal 145, en beleef gerus Kersfees vanjaar ekstra spesiaal met Kersfees en Koortjies.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters