13 dae gelede
Koor by mooiste aand
Jolig: Die Ndlovu-jeugkoor gaan Saterdagaand optree by die Mej. Suid-Afrika-kompetisie.  ~ Verskaf

DIE Mej. SA-organisasie het gister sy line-up vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie aan ons bekendgestel.

Die plaaslike kunstenaars wat Saterdag in die skoonheidskompetisie in die GrandWest Arena gaan optree, is die Ndlovu Youth Choir, Ntokozo Mbambo en Zakes Bantwini.

Die koor se bestuurder, Josh Georgiou, gee ons ’n voorsmakie van wat ons kan verwag van dié jolige jeugkoor wat in ál 11 Suid-Afrika se amptelike tale sing.

“Die koor gaan drie songs by die Mej. Suid-Afrika-kompetisie doen.

“Hulle gaan twee oorspronk­like songs en een cover song sing.

Geëerd

“Al die songs het sterk, inspirerende boodskappe en dit handel daarom om uitdagings die hoof te bied en in jou drome te glo.

“Hopelik sal die Mej. Suid-Afrika-finaliste daarby aanklank vind. Ons hoop dit gee hulle selfvertroue en moed op hul groot aand.”

Hy beloof dat hulle ’n memorable performance gaan lewer.

“Die lede voel so opgewonde en geëerd om deel te hê aan so ’n glansryke en vooraanstaande geleentheid. Hulle gaan hul harte uit sing en gaan hard cheer wanneer die nuwe Mej. Suid-Afrika gekroon word.”

Die KwaZulu-Natalse sangeres Ntokozo Mbambo gaan ook ’n duet saam met een van die lede van die Ndlovu-jeugkoor doen.

Die Mej. Suid-Afrika-kompetisie word Saterdag regstreeks 17:00 op M-Net (DStv-kanaal 101) en Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) uitgesaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters