14 dae gelede
Kookspan kom
KENNERS: Die celeb judges David Higgs en J’Some­thing is in September weer op die kassie met My Kitchen Rules SA.  ~ Verskaf

AS JY jou way in die kombuis ken, moet jy messe skerp maak en inskryf vir lekkerste plaaslike kookkompetisie My Kitchen Rules SA (MKRSA).

M-Net (DStv-kanaal 101) het Dinsdag aangekondig dat ons die derde seisoen van dié kookkompetisie in September op die kassie kan verwag.

Die kompetisie is nie vir professionele sjefs nie, maar dit is ’n intense en fast-paced kompetisie vir passievolle home cooks wat hul mededeelnemers stof in die oë moet skop.

Hulle moet ook die celeb-judges J’Some­thing en David Higgs beïndruk. Die wenner van MKRSA stap aan die einde van die kompetisie met ’n kontantprys van R1 miljoen weg.

Die bekroonde sjef en David meen die kookgees loop nou hoog nadat almal tydens lockdown baie meer tyd voor die kospotte deurgebring het.

“Die pandemie het dit weer gewild gemaak om saam as ’n gesin by die huis te kook.

“Al die tyd wat Suid-Afrikaners in die kombuis deurgebring het, asook aanlyn om hul gunsteling foodies te follow, het die eise höer gestel vir die nuwe seisoen.

Die amateur foodie-pare gaan hul reis begin met ’n instant pop-up-restaurant-ronde waar elke paartjie hul mededeelnemers en die twee judges gaan host. Hulle moet ’n themed driegangmaaltyd voorsit.

Die paartjies wat hul peers en die judges se tastebuds hêppie maak, dring deur na die Challenge Knock-Out Competition-rondes waar hulle mekaar die stryd aansê in ’n reeks kookuitdagings in die MKR HQ, asook verskeie off-site locations.

M-Net soek na outentieke Suid-Afrikaanse duo’s wat ’n goeie connection met mekaar het, groot foodies is en wat hul eie persoonlike styl en flavour na die My Kitchen Rules SA-tafel kan bring.

Jy kan aansoek doen op M-Net se webwerf. Aansoeke sluit op 30 Junie. Albei spanlede moet teen 1 Augustus ouer as 18 wees.

J’Something deel ’n paar wenke met potensiële deelnemers: “As jy jou audition video doen, maak seker jy showcase jou en jou partner se persoonlikhede en vaardighede af.

“Maar meer belangrik, maak seker dat jy en jou partner ’n great connection in die kombuis het.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters