12 dae gelede
Kom wen met buksies
De Klerk Oelofse­  ~ Foto Verskaf

­HOE goed ken jy kinders?

Jy kan binnekort in kykNET­ se nuwe speletjiesprogram Kyk Wie Praat uitvind. De Klerk Oelofse is dié nuwe program se aanbieder.

In elke program is daar nege kinders wat vyf ­­deelnemers­ op hul tone gaan hou. Deel­nemers sal ná elke episode uitgeskakel word totdat daar net een oorbly.

Deelnemers het ’n kans om elke episode R10 000 te wen. Indien dié bedrag nie gewen word nie, staan dit oor en word ’n boerpotprys.

Deelnemers kan die boerpotprys dan in episode 13, die finale een in die reeks, wen. Hulle kan ook ’n naweek­ weg wen as hulle genoeg­ punte insamel.

Die kinder-deelnemers vir die reeks is reeds gekies, maar grootmense kan nog inskryf­. Jy moet minstens 18 wees. Jy moet ook tussen 5 en 17 Junie in Kaapstad beskikbaar wees vir die verfilming. Indien jy as deelnemer gekies word, sal jy self tot by die opname-ateljee moet reis.

Neem solank ’n video op waarin jy ons meer van jouself vertel. Jou video moenie langer as twee minute wees nie.

Vertel ons of daar ’n spesiale kind of kinders in jou lewe is en hoekom jy dink jy die regte deelnemer vir so ’n program is.

Jy moet ook jou naam, adres, telefoonnommer en e-pos-adres byvoeg. Jy kan by son.co.za loer hoe om aanlyn­ in te skryf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters