Verlede maand
Ko’ lag saam in jou tjorra
lag my kla
Lag My Kla Donderdag 5 Oktober by die Suidoosterfees  ~ 

KOM lag jou kla!

Kapenaars kan uitsien na ’n unieke feesgebeurtenis wanneer stand-up-komedie vir die eerste keer regstreeks as ’n inryteater-ervaring aangebied word in die Suidoosterfees se Lag My Kla-konsert.

Hierdie geleentheid vind Donderdag 5 November 20:00 plaas by die kykNET Atlantic-inryteater in Montague Gardens.

Die konsert word deur kyk­NET en Son ondersteun.

Tien komediante, onder wie die topdrie in die onlangse Lag My Kla-kompetisie insluit, gaan in ’n ateljee in Atlantic Studios optree.

Hierdie vertoning word dan regstreeks en eksklusief uitgesaai op ’n tamaai silwerskerm in die groot parkeerarea met plek vir 200 voertuie.

Feesgangers kan uitsien na ’n nostalgiese inryteater-ervaring en daar sal selfs ’n old school roadhouse wees waar Tiaan Langenegger van Kokkedoor sy ding in die kombuis sal doen.

Gasheer

Van die komediante wat feesgangers in hul voertuie gaan vermaak, is die mentors van die Lag My Kla-kompetisie: Shimmy Isaacs, Solomon Cupido en Rezah Forbes.

Schalk Bezuidenhout, Melt Sieberhagen en Wayne McKay gaan ook optree en Alfred Adriaan is die gasheer. Die topdrie-finaliste is Monrico van Wyk, wat die kompetisie gewen het, en die naaswenners Rowen Geneke en Pauline Aaron.

“Dit gaan awesome wees en om komedie te kombineer met karre is ’n kreatiewe oplossing,” sê Bezuidenhout. “Dis spesiaal om so iets by te woon en iets waarna mense eendag gaan kan terugkyk as ’n unieke konsert.

“Die line-up is gevaarlik,” meen Cupido. “Ek hoop mense het aircon, in geval iemand lag en daar glip ietsie uit.”

Kaartjies kos tussen R250 en R300 per voertuig en twee tot vier mense kan in ’n voertuig sit en die vertoning geniet. Bespreek sommer nóú by Computicket. Daar is net 200 parkeerplekke beskikbaar.

lag my kla,suidoosterfees
Lag My Kla by die Suidoosterfees inryteater op Donderdag 5 Oktober.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters