15 dae gelede
Klaarpraat vir Kimye

KIMYE staan op skei.

Ek sien op Page Six Kim Kardashian (40) wil nou finaal ’n einde maak aan haar en Kanye West (43) se huwelik van ses jaar.

Kimmy is glo gatvol van haar man en sy het ’n celeb lawyer wat spesialiseer in egskeidings.

’n Bron verklap aan Page Six: “Hulle hou dinge stil, maar hulle is oor en uit.

“Kim het Laura Wasser aangestel en hulle bespreek tans settlements.”

Die rapper het glo nie die holidays saam met sy vrou en vier klôgoed deurgebring nie. Hy het gaan wegkruip in ’n multimiljoenrand ranch in die staat Wyoming.

Kan julle onthou Kanye het vroeër gesê hy probeer nou al ’n hele ruk om van Kim te skei?

Hy het in Julie laas jaar laat hoor: “Ek het al probeer om van Kim te skei vandat sy Meek Mill by die Waldorf ontmoet het vir die prison reform.”

Hier verwys Yeezy na Kim en Meek se ontmoeting in November 2018.

Ernstig

Julle weet naas fame en swart mans is familie net so belangrik vir die Kardashians.

Kim het glo hand en tand baklei om haar “perfekte gesin” te behou, maar nou sien sy nie meer kans om met Kanye en sy stories te deal nie.

’n Bron wei uit: “Sy (Kim) is ernstig oor haar prison reform-veldtog en om ’n prokureur te word.

“En intussen praat Kanye daarvan om te run vir president en hy sê ander mal goed. Sy het net genoeg daarvan gehad.”

Maar ’n ander bron sê weer aan People.com Kanye is mooi gatvol van die Kardash­ians se over-the-top lewens.

“Hy is klaar met die hele familie.

“Hy wil niks met hulle te doen hê nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters