20 dae gelede
Kimmy die nuwe ‘Bachelorette’
Sexy: Só het Kim Kardashian-West gelyk toe sy dié naweek vir die eerste keer as ’n single vrou saam met haar vriende gaan paartie het.  ~ Instagram

DAAR word omtrent gevry na Kim Kardashian nadat sy onlangs aansoek gedoen het om van haar man, Kanye West, te skei.

Die 40-jarige mammie van vier is gedoop as die hubare billionaire bachelorette.

En die ouens wat na die KKW Beauty CEO en deesdae regstudent vry, is glo van die rykste manne in die wêreld.

’n Bron naby aan Kim het aan Page Six gesê die ouens wat na Kim vry, is glo koninklikes, rappers, sportmanne en stinkryk sakemanne.

“Mense reik uit na haar (Kim) deur mutual friends en mense saam met wie sy werk om hulle op te set met haar. Daar is selfs mense in haar DM’s.”

Hoewel talle ouens reg staan vir Kim, soek sy nog nie na iemand nie.

“Sy gaan nie sommer vinnig in iets spring nie, maar sy hou ’n oop kop.

“Die eienskappe wat sy in ’n partner soek, is iemand wat waarde aan familie heg, ’n ondersteunende persoon wat fun, romanties en hardwerkend is en die eenvoudige dinge in die lewe geniet.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters