15 dae gelede
Kim en Pete date regtig
Betower
Kim Kardashian-West is glo dolverlief op die jong komediant Pete Davidson  ~ Verskaf

JULLE, die gerugte is toe waar.

Kim Kardashian-West (41) en die komediant en akteur Pete Davidson (28) kyk tóg ’n ding.

’n Bron na aan Kanye West se amper eksvrou het aan E! bevestig dat Kimmy en Pistol Pete regtig date.

“Hulle is regtig gelukkig en hulle kyk in watter rigting dinge beweeg.

“Pete het vir haar gesê hy wil nie iemand anders sien nie”

Volgens die bron wil die mammie van Kanye se vier pragtige kinders ook niemand anders as haar Pistol Pete sien nie.

“Sy vertel vir mense hulle is nie super ernstig nie, maar sy sien niemand anders nie. Sy probeer om nie ’n groot ding daarvan te maak nie, maar sy hou regtig baie van hom.

“Kim is tot haar ore verlief op hom en dit is baie opwindend vir haar.

“Hy laat haar heeltyd lag as hulle saam is en sy is heeltemal betower deur hom.”

Sien julle, funny en goed uhm... bedeelde ouens wen meeste van die tyd. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters