17 dae gelede
Khloé se baby derra jol al aan
FAMILIE: ’n Meisie vertel sy het vroeg in die jaar saam met Khloé Kardashian se baby daddy gejol.  ~ Eonline.com

AI, DAAR is Khloé Kardashian weer in die oë gesit nadat ’n meisie verklap het sy het met Khloé se berk en baby daddy geslaap.

Sjym, dis hartseer, want dis al die hoeveelste keer ná Tristan Thompson se jollery met Jordyn Woods.

Dié keer het die model en social media influencer Sydney­ Chase in ’n podcast-onderhoud onthul sy het vroeër vanjaar met die basketbalspeler opgehook nadat hy ontken het hy is in ’n verhouding.

Uitgelos

Sydney vertel sappig: “Hy het vir my gesê hy’s nie meer in ’n verhouding nie, daarom het ek oukei gesê.

“Ons het gesels, ons het verskeie kere gekuier, ons het saam uitgegaan, alles.

“Dit het gebeur. Toe vind ek uit hy is nie single nie. Toe het ek hom uitgelos.”

My hart bloei eintlik vir Koko, wat die NBA-speler se jolstreke sommer net so aanvaar. Sy en Tristan het nog selfs in die nuutste seisoen van Keeping Up With the Kardashians planne gemaak vir ’n tweede baba.

Sy moes hom nooit teruggevat het ná sy jollery met die Kardashian-familievriend Jordyn Woods nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters