5 dae gelede
Khanyi is hêppie met skatryk berk
G’N ARMGAT: Khanyi Mbau sê sy date net ryk mans.  ~ Twitter

KHANYI Mbau is lief vir skatryk mans en sy is nie skaam om dit te erken nie.

Die aktrise is in ’n nuwe verhouding en sy is baie hêppie.

Sy en die miljoenêr Kudzai Mushonga is ’n item.

Laas jaar toe sy single was, het sy gesê sy wil weer date, maar sy het dit duidelik gemaak dat haar liefie handsome én ryk moet wees.

Dit is nie bekend wanneer sy Kudzai ontmoet het nie, maar hy het duidelik die toets geslaag.

Hy het haar voete onder haar uitgeslaan – met sy miljoene natuurlik.

Zalebs berig sy het op Kaya FM se show Kaya Drive with Sizwe aan die omroeper Sizwe Dhlomo vertel hoekom sy ryk mans vat en soms mans wat handsome is.

Koop

Die ster sê sy soek nie na liefde in ’n man nie. Die liefde kan later kom, solank daar geld is.

Sy het aan Sizwe gesê sy het 10 jaar met ’n man uitgegaan en sy het die liefde-ding probeer, maar dit het nie gewerk nie.

“Met verhoudings tree ek op soos wanneer ek ’n kar of ’n huis koop.

“Jy weet wat jy in die huis wil hê. Ek weet wat ek soek en sal nie terugstaan nie.”

Khanyi se nuwe berk is ’n 28-jarige miljoenêr van Zimbabwe. Die rumours loop dat Zimbabwe se cops hom jag vir bedrog.

Die cops soek al vier jaar lank na hom.

Hy het na bewering ook ’n sakeman uit $166 000 (sowat R2,4 miljoen) bedrieg.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters