14 dae gelede
Kelly se wiele word ook pap
DIEP INNIE SKULD: Die bank gaan Kelly Khumalo se spogmotor na verneem word terugneem.  ~ thesouthafrican.com

JULLE, die corona-virus-pandemie het definitief ’n groot gat in baie mense se sakke gemaak.

Die bank gaan nou die sangeres en realiteit-ster Kelly Khumalo se larny voertuig ook terugneem omdat sy ’n paar paaiemente gemis het.

Sunday World berig sus Kelly is by Nedbank met ’n allemintige R62 000 agterstallig op haar 2011-model Porsche Cayenne Tiptronic.

Sy het die posh voertuig in 2017 gekoop toe sy glo ’n lening van R500 000 by die bank gekry het. Die celeb moes toe glo ’n bietjie minder as R10 000 ’n maand terugbetaal tot en met April 2023.

Maar dit blyk Kelly kon nie die betalings byhou nie en nou het die Motor Finance Corporation papiere by die hooggeregshof ingehandig nadat ’n default judgement teen haar uitgereik is.

Gekanselleer

In Julie vanjaar het haar bank glo ’n brief aan Kelly gestuur waarin hy eis sy moet met haar betalings byhou.

In Augustus is die ooreenkoms tussen haar en die bank gekanselleer nadat sy na bewering nie op die brief gereageer het nie.

Die bank het haar toe glo gevra om die posh voertuig terug te bring.

Julle weet ek is nie iemand wat my bemoei met ander se sake nie, maar waar is die geld wat Showmax Kelly betaal het vir haar reality show, Life with Kelly Khumalo?

Sjym, ons almal sukkel maar in die moeilike Covid-19-tyd. Ek het julle mos laas week vertel van Khanyi Mbau se twee spogmotors wat óók glo weens wanbetaling deur die bank teruggeneem is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters