13 dae gelede
Kapenaar Berry wen Idols SA
Wenner
Berry is aangewys as die wenner van die 17de seisoen van Idols SA.  ~ Verskaf

DIE 30-jarige Berry het snot en trane gehuil toe die aanbieder ProVerb haar as die wenner van die 17de seisoen van Idols SA gekroon het.

Dié Kapenaar het die meerderheid van die 12,5 miljoen stemme gekry wat dié week ingesamel is.

Hierdie is ’n massiewe mylpaal vir die sangeres wat al 22 jaar aan haar sangtalent geskaaf en slyp het. Sy het nooit opgegee op haar drome nie en het selfs meer as een keer vir Idols SA ingeskryf.

Sy het in 2010 deelgeneem aan die sesde seisoen van Idols SA en het dit net tot in die top-30 gemaak. Dit het haar nie ontmoedig nie. Sy het hard aan haar talent gewerk, aangehou sing en weer hierdie jaar ingeskryf vir die gewilde sangkompetisie.

Dié sangeres en ma is nie nou net ’n kitsmiljoenêr nie, maar sy het ook ’n recording deal met Kalawa Jazmee Records los gesing. Sy ry ook weg met ’n splinternuwe Renault Kiger ter waarde van R269 000 en haar ander pryse sluit in ’n R100 000 in Truworths vouchers, 'n Bachelor of Business Administration-beurs ter waarde van R260 000 en musiektoerusting ter waarde van R85 000 asook 'n Samsung Galaxy Fold 3

Geluk, Berry!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters