12 dae gelede
Kanker eis rock-legende
Eddie Van Halen
Eddie Van Halen  ~ Getty Images

DIE rock-legende Eddie van Halen is Dinsdag in die ouderdom van 65 oorlede.

Van Halen, stigterslid van die gelyknamige rock-groep, het kanker gehad.

Wolfgang van Halen, sy seun en ook ’n baskitaarspeler van Van Halen, het die hartseernuus op Twitter bevestig.

“Ek kan nie glo ek moet hierdie skryf nie, maar my pa Edward Lodewijk Van Halen, het sy lang en veeleisende stryd teen kanker verloor.

"Hy was die beste pa waarvoor ek ooit kon vra. Elke oomblik wat ek saam met hom gedeel het – op en van die verhoog af – was ’n geskenk,” het Wolfgang geskryf.

Eddie het die groep Van Halen in die vroeë 1970's met sy broer Alex in Los Angeles gestig. Hul debuutalbum is in 1978 uitgereik.

Sy gewildheid het onder Pop-aanhangers ook verder die hoogte in geskiet vir sy kitaarwerk op die Michael Jackson-liedjie, Beat it.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters