2 maande gelede
Jy kan in dié movie speel
Rolverdeling: Loukmaan Adams (links) en Kaylene Bergstedt (tweede van links) saam met hul mede-akteurs in White Lies: The War Has Just Begun.  ~ Verskaf

AS DIT jou droom is om eendag in ’n movie te speel, dan het jou “eendag” dalk nou aangebreek.

’n Splinternuwe movie White Lies: The War Has Just Begun word binnekort in en om die Kaap verfilm. Die film gaan oor ’n ryk sakeman met ’n perfekte lewe en wonderlike gesin.

Maar in die mean time is hy sonder sy familie se medewete ’n underground kingpin.

Daar word nog gesoek na akteurs vir sommige karakters in die movie.

Die karakters wat benodig word, is ’n seun tussen 14 en 16 jaar oud, ’n gangster (25–30), ’n computer savvy gangster (25–30), Arab mob boss (35–40), Russian mob boss (35–40), personal assistant (25–30), ’n moeder (40–45), manlike kroegassistent (25–30) en vriende by die klub (18–21).

Oudisie

Indien jy in hierdie ouderdomsgroep val of jy glo dat jy die karakter se skoene vol kan staan, is jy welkom om Saterdag 24 Julie van 12:00 tot 18:00 vir ’n oudisiete kom.

Dis by Voortrekkerweg 16, Bellville, in studio nommer 503A in die Tygerberg Sentrum.

Dié movie is die breinkind van die bekende komediant Ashley Pienaar.

Hy is ook die regisseur en Maurice Paige, bekende Suidooster-ster, is die mede-regisseur.

Daar gaan baie bekendes in dié movie te sien wees, onder andere Loukmaan Adams, Enslin Grootboom en Kaylene Bergstedt van Arendsvlei.

Die verfilming begin op 12 Augustus.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters