8 dae gelede
John vol lof vir vroulief
john legend,chrissy teigen
HARTSEER: John Legend is trots op sy vrou, Chrissy Teigen, se dapperheid. FOTO: Getty Images  ~ 

JOHN Legend en sy vrou, Chrissy Teigen, verander hul pyn in purpose. 

Die sanger het sy power­ful perfomance by die 2020 Billboard Music Awards aan sy vrou opgedra. Sy het onlangs ’n miskraam gehad met hul derde baba.

John het ook in die sosiale media ’n roerende post geskryf waarin hy haar prys dat sy so sterk is. Dit lees: “Dit is vir Chrissy dié. Ek is lief vir jou en ek koester jou en ons gesin so baie.

Bewonder

“Ons het die hoogste hoogtes en die laagste laagtes saam ervaar.

“Om te sien hoe jy ons kinders dra, is vir my so roerend en humbling. Ek bewonder jou krag wat jy deur die mees uitdagende oomblikke wys.

“Wat ’n wonderlike geskenk is dit om lewe in die wêreld in te bring.

“Ons het dié wonderwerk ervaar, asook die krag van die vreugde van hierdie geskenke, en nou het ons die diepe broosheid hiervan gevoel.”

Die egpaar is reeds die ouers van Luna Simone Stephens (4) en Miles Theo­dore Stephens (2).

Die baba wat Chrissy verloor het, sou glo Jack genoem word. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters