2 maande gelede
Jodi is reg om te entertain
Spesiale show: Jodi Fredericks tree vanaand in die Roxy Revue Bar in die GrandWest-casino op.  ~ foto verskaf

DIE talentvolle jazz-sangeres Jodi Fredericks tree vanaand in een van die ArtsUnite shows in die Roxy Revue Bar in GrandWest op.

Die 23-jarige songstress van Belhar­ het ’n graad in musiek aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Sy beloof om musiekliefhebbers ’n spesiale show te gee.

“Vanaand se opvoering gaan baie persoonlik wees,” vertel sy.

“Die toeskouers gaan ’n kykie in my hart en my journey tot dusver kry. Ek is geseënd om al byna 11 jaar te gig en ek gaan die mense deur my journey van die afgelope 11 jaar vat.”

Die sangeres wat ook onlangs haar song “Better Off (Without You)” uitgereik het, sê sy gaan toeskouers bekoor met haar oorspronklike musiek, asook cover songs.

Die hardwerkende sangeres is deesdae ’n dosent by die Campus of Performing Arts (Copa).

Ondersteun

Jodi is ’n ervare en versatile sangeres wat die GrandWest Open Mic Jazz-sangkompetisie in 2019 gewen het. Sy het ook al drie keer op die Kaapstadse Internasionale Jazzfees opgetree.

Daar is nog kaartjies beskikbaar, so, stiek yt en ondersteun ons kunstenaars.

  • Die ArtsUnite show met Jodi is vanaand van 20:00 in die Roxy Revue Bar.
  • Vrydagaand tree Madeegha Anders op en Saterdagaand is Elwira Standili op die verhoog.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters