3 jaar gelede
‘Jitsologie’ is soos ’n karnaval van kaaps
jitsvingerFoto: NEWTON STANFORD  ~ 

AFRIKAANS is die kunstenaar Jitsvinger se wêreld.

En hy gaan dit nie sommer prysgee wanneer dit kom by musiek maak nie.

Dit is reeds tien jaar ná dié hip-hop-kunstenaar se debuutalbum, Skeletsleutel. En nou is hy terug met sy nuutste projek, Jitsologie.

Hy maak ’n vinnige opsomming van dié EP: “Dis ’n studie van wat kwaai is ... van wat woelag is. Dis besig wees met jou culture.

“Daar is so baie om mee te werk. Afrikaans is vir my wat Disneyland vir kinders is. Dis ’n karnaval van klinkers en kwinkslae,” sê hy.

“Ek gaan nie compromise met die taal nie, al doen ek trap,” verwys hy na een van die songs, “Skiroemba”, wat deur dié styl beïnvloed is.

Gepraat van “Skiroemba”, dit gaan oor die nostalgie vir ’n meer tradisionele ritme.

“Dis ’n sound ... ’n ghoema-ding. Dit is wat blues vir mense in die Deep South is en wat samba vir die ouens in Brasilië is,” wei hy uit oor die liedjie saam met Youngsta.

Op die EP werk hy ook met die Sama-wenner Claire Phillips op “Breinsuiker” en Roksha op “Hoe Lyk Hulle”.

Die rapper voel “ ’n mens hoor steeds nie genoeg omgangstaal op die radio nie.

“Kykie, local is jits, dit word nie genoeg gesê nie.”

Die EP se launch is op 28 Oktober in die Distrik Ses-museum se hoofsaal. Kaartjies kos R150 en sluit ’n eksemplaar van Jitsologie, ’n drankie en canapés in. Kaartjies is by Computicket of enige Shoprite of Checkers te kry. Die verrigtinge begin 20:00. Die EP is op iTunes beskikbaar.

  • Son gee twee dubbelkaartjies vir die launch weg. SMS “Jits” voor Maandag na 35128. SMS’e kos R1,50.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters