15 dae gelede
Jeremih veg vir sy lewe in hospitaal
SIEK: is in ’n hospitaal in Chicago nadat hy positief getoets is vir Covid-19.  ~ PageSix

JEREMIH baklei om sy lewe in die ICU nadat hy positief getoets is vir Covid-19.

Die R&B-sanger se musikant-tjommies het almal gevra dat ons gebede na hom moet uitstuur.

Die “Are You Alive”-sanger is glo aan ventilators gekoppel in ’n hospitaal in sy tuisstad, Chicago.

Die rapper 50 Cent is een van sy tjommies wat in die sosiale media gevra het mense moet asseblief tog vir Jeremih bid.

Broer

“Bid asseblief vir my vriend Jeremih. Hy doen nie goed nie. Hierdie Covid-k*k is real. Hy is in die intensiewesorgeenheid in Chicago.”

Chance The Rapper het ook gevra dat mense Jeremih in hul gebede moet opdra.

“Kan jy asseblief tyd afknyp om vir my vriend Jeremih te bid? Hy is soos ’n broer vir my en hy is tans siek. So, as jy kan, sal jy asseblief vir hom bid?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters