11 dae gelede
Jay Jay bring sterk lied uit
TALENT: Jay Jay se nuwe single, “Hallelujah”, is Vrydag uitgereik.  ~ Foto Verskaf

“HALLELUJAH”, Jay Jay se tweede enkelsnit, is verlede Vrydag bekend gestel.

Sy debuut-single, “Messiah King”, is verlede jaar uitgereik.

Jay Jay vertel die Grammy-benoemde sanger en liedjieskrywer Neville D het hom uitgedaag om ’n song oor Ps. 100 te skryf.

Vervaardig

“Ek het my voorgestel hoe Afrika sou klink as ons met danksegging saam voor Jesus kom en Hom lof gee vir alles wat Hy doen en vir ons is,” vertel Jay Jay.

Neville D, wat “Hallelujah” vervaardig het, sing hierdie powerful song saam met Jay Jay.

Jay Jay beskryf die song as daardie een waarvoor jy as praise-en-worship-leier wag – daardie openingslied wat die gemeente byeen en in een gemoedstemming kan bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters