Verlede maand
Jarrad en Frank saam vir ’n doel
Jarrad Ricketts
SANGER: Jarrad Ricketts sal kykers met musiek wow.  ~ Verskaf

DIE Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) is vanjaar 30 jaar oud.

Die vereniging is in 1991 in Kaapstad gestig­ met die doel om lewens te red.

Dié geakkrediteerde lid van die Wêreldbeenmurg-vereniging vier Vrydagaand sy drie dekades met ’n aanlyn konsert.

Frank Rautenbach is ’n ondersteuner van die SABMR. Suid-Afrikaners sal hom onthou as Tiaan Terreblanche in 7de Laan.

Hy is die gasheer van die virtuele viering en sal kykers op die reis vat van hoe lewens die afgelope 30 jaar gered is.

Die Sama-benoemde Jarrad Ricketts sal in die show sorg vir die vermaak en jy kan na ’n verskeidenheid van songs uitsien.

Dr. Charlotte Ingram, hoofbestuurder van die SABMR, verduidelik dat die konsert ’n wonderlike geleentheid is om bewusmaking te skep oor die werk wat gedoen word.

“Ons sal ook hulde bring aan die skenkers wat die ruggraat van ons besigheid is.

“Jaarliks is daar sowat 4 000 nuwe gevalle­ van kwale soos leukemie en limfoom in Suid-Afrika.

“Vir baie van dié pasiënte is die beste kans op genesing ’n beenmurgoor­planting.”

Die show is vanaand van 18:30–20:00 en kan ook op son.co.za gekyk word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters