8 dae gelede
Jan Taks ruk Zodwa in die bek
VERSIGTIG: Sars het vir Zodwa Wabantu ’n boodskap gestuur nadat sy ’n video van ’n duur kar gepost het.  ~ Foto Verskaf

SY WOU nog ’n Lambo koop, toe ruk Jan Taks haar lelik in die bek.

Die Suid-Afrikaanse sosiale vlinder Zodwa Wabantu het ’n video in die sosiale media gelaai waarin sy om ’n Lamborghini met ’n groot, rooi lint dans.

Fans was baie bly vir die sake­vrou, wat net onlangs haar hoender-en-eier-besigheid op die been gebring het.

Maar toe kom Sars glo en spoil die kopie van sowat R10 miljoen.

Volgens Kenny Kunene het Jan Taks sy tjommie en nuwe lid van sy politieke party, die Patriotic Alliance, ’n SMS gestuur wat haar laat besluit het om eerder die Lambomet sy groot rooi lint net daar in die show room te los.

Kenny, wat saam met Zodwa by die dealership was, verduidelik hoekom sy nie die superkar huis toe geneem het nie.

Hy sê aan TshisaLIVE: “Jy ken ons mense. Zodwa kry ’n SMS van Sars ná dit (die video). So, toe sy die SMS gekry het, het sy besluit om nie die kar te vat nie.

Afhaal

“Sy gaan die kar nie vat totdat sy met Sars gepraat en die kwessie uitgesorteer het nie.”

Kenny wou nie veel uitlaat of sy die Lambo in ’n later stadium kan afhaal nie.

“Eish! Sars is betrokke en ons wil nie baie besonder­hede gee nie. Maar haar poultry-besigheid doen goed en sy doen ook veldtogwerk vir ons politieke party.”

Julle, wees gewaarsku! Jan Taks loer nou vir ons in die sosiale media ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters