Verlede maand
Issa trou toe stil-stil in Frankryk
man en vrou: Issa Rae en haar verloofde, Louis Diame, het stilletjies in die suide van Frankryk getrou.Foto: instagram  ~ 

DIE Insecure-aktrise Issa Rae het stil-stil getrou.

Sy en haar verloofde, Louis Diame, het ’n pragtige private huwelikseremonie in die suide van Frankryk gehad.

Sy het grappig die nuus in die sosiale media gedeel met ’n mooi foto van haar bridal party en gesê dat dit maar net ’n onverwagse photoshoot was waarby sy in ’n custom-made Vera Wang-trourok was.

Haar vriendinne het haar glo kom help en heel toevallig het almal dieselfde rokke aangehad. Sy het toe maar net ’n paar kiekies met iemand se man geneem.

Ah! Geen wonder Issa is so geliefd nie. Sy het ’n goeie sin vir humor en sy hou aan om haar fans te verras.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters