16 dae gelede
‘Idols SA’ maak top-16 bekend
UITGEDUN: Dié lot is gereed om agter die mic in te skuif.  ~ Mzansi Magic

DIE Idols SA-kompetisie se top-16-finaliste is Sondagaand aangekondig.

Soos gewoonlik is daar agt vroue en agt mans wat gaan meeding om as Suid-Afrika se Idol vir 2020 gekroon te word.

Die provinsie met die meeste deelnemers is KwaZulu-Natal met ses.

Die Wes-Kaap het net twee deelnemers. Die ander provinsies wat verteenwoordig word, is Gauteng (vyf), Vrystaat (een), Mpumalanga (een) en Noordwes (een).

Hier is die volledige lys van top-16-finaliste:

  • Ntokozo Mvelase (Pretoria)
  • Zama Khumalo (Emalahleni)
  • Jerodine Madlala (Durban)
  • Dee (Kaapstad)
  • Ndoni (Durban)
  • Melanin (Durban)
  • S’bongile Mntambo (Johannesburg)
  • Be (Bloemfontein)
  • Qhawe (Johannesburg)
  • Ethan Norris (Kaapstad)
  • Mr. Music (Durban)
  • Succedor (Durban)
  • Zahn-Reece (Vanderbijlpark)
  • Jooma (Pretoria)
  • Brandon DhluDhlu (Durban)
  • Sonwabile ZanoThando (Rustenburg)
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters