Verlede maand
Idol het 'n hartroerende nuwe single
sasha
Sasha-Lee Davids se single “A Little Love” is tans beskikbaar op alle groot digitale platforms.  ~ Verskaf

SASHA-LEE Davids is terug met ’n splinternuwe, hartroerende single.

Die 30-jarige van Atlantis het Vrydag haar song “A Little Love” uitgereik.

Sy verduidelik die inspirasie agter die song: “Ek het dit jare gelede geskryf en dit is geïnspireer deur my eie lewe en journey op daardie tydstip.

“Ek het probeer om myself te inspireer met ’n bietjie meer liefde op elke manier moontlik. Ek was in ’n plek waar ek myself ontdek het deur die proses van skryf en dit het my gelei om die song te skryf.” 

Sasha-Lee, wie in 2009 die medewenner van IdolsSA was, sê die song het 'n lekker feel good vibe.

“Dit het ’n wonderlike boodskap en herinner jou aan hoe belangrik die lewe is.

Ek dink tydens die onstuimige en hartverskeurende pandemie moet ons herinner word dat liefde ons help om alle uitdagings te oorwin.” 

Sasha-Lee se “A Little Love” kan nou afgelaai word by op digitale platforms. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters