Verlede maand
Huldeblyke aan Shona
Shona Ferguson  ~ Argief

SUID-AFRIKANERS was Vrydag geskok oor die nuus van die ster Shona Ferguson se dood.

Die bekroonde akteur en vervaardiger is Vrydagmiddag in die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede.

Luidens ’n verklaring van Ferguson Films is Shona aan Covid-19-verwante komplikasies dood.

“Ons vra dat die familie tyd en ruimte gegun word om dié pynlike verlies te verwerk,” lui die verklaring.

Shona (47), wat met die aktrise Connie Ferguson getroud was, het onder meer in Generations, Muvhango en Isidingo gespeel.

Koester

Boodskappe van aanhangers en vriende in die bedryf het op sosialemedia-platforms ingestroom waarin hulle hul hartseer en ongeloof uitspreek.

“Ek sal altyd die oomblikke wat ons saam gehad het koester,” skryf Trevor Gumbi, medester in die reeks Rockville, in ’n huldeblyk op Instagram.

Die Amerikaanse aktrise Terri J. Vaughn, wat in die reeks Kings of Jo’burg Shona se karakter, Simon, se vrou, Robin,gespeel het, skryf: “My hart is verpletter deur die afsterwe van die wonderlike koning! Ek was gelukkig om tyd saam met Shona en sy wonderlik begaafde vrou, Connie, in Suid-Afrika te kon deurbring.

“Dit was ’n groot eer om tyd saam met hulle deur te bring.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters