2 maande gelede
Hier is ons top-14-finaliste vir droomtroue
WEN ROKKE: Die wenner sal ’n trourok wen, asook rokke vir strooimeisies. FOTO Verskaf  ~ 

DIE 14 finaliste vir Son se droomtroue-kompetisie is bekend gemaak!

Paartjies moes sê hoe die pandemie hul troue laat skeefloop het en hoekom hulle graag die kompetisie wil wen.

Inskrywings het op 29 Oktober gesluit en die top-15-finaliste is toe gekies. Een paartjie het hulle gister op die nipper onttrek.

Video

Die volgende fase vir een paartjie om met die wenprys weg te stap, is die stemming.

Elke paartjie moet ’n video maak met ’n kort beskrywing van hul reis en lesers aanmoedig om vir hulle te stem.

Lesers kry nou die geleentheid om stemme te koop. Elke stem kos R6,40 (die prys van ’n Son-koerant).

Lesers kan soveel stemme koop as wat hulle wil.

Betalings kan in die Media24-bankrekening gemaak word met dié besonderhede: ABSA-takkode 632005; rek. nr. 4048931283.

Die verwysing moet die paartjie se naam en van wees, bv. Shanique & Cheslyn Feder.

  • Die finaliste is:

Ryno Vincent Bezuidenhout & Julanda Powell

Shameez April & Ethan Rhode

Courtney Koetzee & Kyle Stone

Celeste Jury & Kurt Thomas

Cheswyn Ockhuys & Audrey Claasen

La-Roche Meyer & Lucinda Madito

Candice Koetzee & Wayne­ Kamfer

Angeline Blaauw & Nythen Swarts

Leigh-Ann Nichollos & Sean Brown

Tarryn Fortuin & José-Percy Fortuin

Andre de Bruin & Can­dice Jones

Dean September & Je­neve November

Ricardo Beukes & Nathaline Bacon

Dylan Barry & Domi­nique Oosthuizen

  • Die gelukkige paar wen:

•Venue en dekor

•’n Wittebrood

•Trourok vir die bruid en rokke vir haar strooimeisies

•Lashe extensions vir die bruid en strooimeisies

•Ringe vir die bruidspaar

•Troufoto’s

•Geskenkies vir gaste (Guests Favours) en hy-en-sy-geskenkstelle

•’n Tweelaag-koek

•R2 000 kontant om ekstra uitgawes mee te dek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters