11 dae gelede
Hier is jou nuwe Idol
Wenner
HOERA! Berenike “Berry” Trytsman is Sondagaand aangewys as die wenner van Idols SA 2021.  ~ Verskaf

TOE sy uitgeval het in ’n vorige seisoen van Idols SA het sy nie handdoek ingegooi nie. Sy het 11 jaar later weer aansoek gedoen en is Sondag as die wenner van Idols SA aangewys.

Die 30-jarige Berenike “Berry” Trytsman het snot en trane gehuil toe die aanbieder, ProVerb, haar as die wenner van die 17 de seisoen van Idols SA gekroon het.

Nadat sy as die wenner aangekondig is, het sy die 17 de seisoen afgesluit met haar nuwe single “Ungowami”, wat sy perfek in isiZulu gesing het.

Die Kapenaar het die meerderheid van die 12,5 miljoen stemme gekry wat dié week ingesamel is.

Sy kon nie genoeg dankie se vir haar ondersteuners, die “Berries”, soos sy hulle gedoop het nie.

“’Ek dink ek het nog tyd nodig om alles te verwerk. Ek is steeds in skok en so oorweldig deur al die boodskappe van liefde en ondersteuning.

“Maar ek is hier om Team Berries die liefde te gee wat hulle verdien. Dankie dat julle saam met my gestick het deur hierdie journey. Ons het gewen!”

Hierdie is ’n massiewe mylpaal vir die sangeres wat al 22 jaar aan haar sang­talent geskaaf en slyp het.

Sy het nooit haar drome prysgegee nie en het meer as een keer vir Idols SA ingeskryf.

Pryse

Sy het in 2010 deelgeneem aan die sesde seisoen van Idols SA en dit tot in die top-30 gemaak. Dié near miss het haar net verder aangespoor. Sy het hard aan haar talent gewerk, aangehou sing en weer hierdie jaar ingeskryf vir die gewilde sangkompetisie.

Die sangeres en ma is nie nou net ’n kitsmiljoenêr nie, sy het ook ’n recording deal met Kalawa Jazmee Records los gesing.

Sy ry ook weg met ’n splinternuwe Renault Kiger ter waarde van R269 000. Berry se ander pryse sluit in R100 000 se Truworths fashion vouchers, ’n Bachelor of Business Administration-beurs ter waarde van R260 000, musiektoerusting ter waarde van R85 000 en ’n Samsung Galaxy Fold 3.

Geluk, Berry, jy verdien dit!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters