9 dae gelede
Hertog blaas aftog
KOEBAAI: Regé-Jean Page gaan nie in Bridgerton se tweede seisoen verskyn nie.  ~ Twitter

DIE Brits-Zimbabwiese akteur Regé-Jean Page gaan nie in Bridgerton se tweede seisoen verskyn nie.

Die vervaardigers kondig by monde van die karakter Lady Whistledown aan: “Dit is met groot teleurstelling dat ons moet aankondig dat Regé-Jean Page, die hertog van Hastings, nie vir ’n tweede seisoen van Shondaland se Netflix-trefferreeks Bridgerton sal terugkeer nie.”

Die aankondiging in Lady Whistledown se sosiale media lees verder: “Terwyl alle oë gerig is op lord Anthony Bridgerton se strewe om ’n burggravin te vind, wil ons tot siens sê aan Regé-Jean Page, wat die hertog van Hastings gespeel het,” lees die karakter se plasing.

Voorreg

“Ons gaan hom op die skerm mis, maar hy sal altyd deel bly van die Bridgerton-familie.”

Page het in sy eie sosiale media geantwoord: “ ’n Plesier en ’n voorreg! Dis ’n eer om lid van dié familie te wees – op die skerm en daarnaas.”

Sy kontrak was net vir een seisoen. – Channel24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters