16 dae gelede
Herman sê ‘Dankie’ aan sy ma met ’n song
SPESIAAL: Herman dra die song “Dankie” aan sy ma op.  ~ Foto Verskaf

HERMAN Kleinhans het ’n spesiale liedjie, “Dankie”, vir sy ma geskryf ter viering van Moedersdag.

Dié musikant en lid van die groep TWEE het ’n paar jaar gelede die Afri-Visie-liedjieskryfkompetisie gewen.

Met sy nuutste solo-album, Ruite Oop, wat onlangs uitgereik is, het hy omtrént die lig ingelaat. Die eerste single, “Vliegtuig”, is vanaf hierdie album uitgereik.

Nou volg die tweede single, “Dankie”, wat hy in die grendeltydperk geskryf het.

“Ek het die liedjie tydens die grendeltydperk vir Moedersdag vir my ma geskryf.

“Die liedjie is sommer in die kamer opgeneem, maar die reaksie was so oorweldigend dat ek dit hierdie jaar ordentlik wou doen met ’n professionele opname, maar die konsep bly dieselfde.”

Braai

Herman, wat in Sunland in die Oos-Kaap gebore is, se liefde vir sing is reeds op ’n jong ouderdom gekweek.

Hy is geïnspireer deur sy pa, wat altyd kitaar gespeel en gesing het wanneer vriende kom braai het.

Die musiekvideo is deur Wian van der Walt vervaardig en word ook eersdaags bekendgestel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters