7 dae gelede
Haters laat Harry, Meg hokaai roep
ANTISOSIAAL: Meghan en Harry is af van die sosiale media af.  ~ Eonline.com

HARRY en Meghan het ’n lange gegooi van die sosiale media af.

Op 31 Maart laas jaar het die rebelse koninklikes besluit om pad te gee onder die queen se ysterhand uit en hul eie potjie te krap.

Dit het beteken hulle moes afsien van hul koninklike titels.

Hulle het ook besluit hulle gaan nie die koninklike naam Sussex Royal vir hul organisasie sonder winsbejag gebruik nie. Hul NPO heet nou die Archewell Foundation.

Dinge het vinnig verander nadat die twee uit die Verenigde Koninkryk na Amerika verhuis het.

In Londen het The Times nou berig die egpaar het besluit hulle gaan nie meer self die sosiale media gebruik nie.

Rassistiese

Dit is geen verrassing dat Meghan en Harry besluit het om weg te bly van die sosiale media nie.

Trolls het nie twee keer gedink om rassistiese en ongehoorde comments op hul sosialemedia-profiele te maak nie.

Die egpaar se Instagram-blad, @sussexroyal, het meer 10,3 miljoen followers en 216 posts. Hul laaste plasing was op 30 Maart verlede jaar oor die corona-pandemie.

Tog beteken dit nie ons gaan glad nie van hulle hoor nie. Hulle het darem groot kontrakte geteken met Netflix en Spotify.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters