12 dae gelede
Hastings haas hom uit ‘Bridgerton’
 ~ 

DIE Brits-Zimbabwiese akteur Regé-Jean Page kom nie terug vir Bridgerton se tweede seisoen nie.

Die vervaardigers kondig by monde van die karakter Lady Whistledown aan: “Dit is met groot teleurstelling dat ons moet aankondig dat Regé-Jean Page, die hertog van Hastings, nie vir ’n tweede seisoen van Shondaland se Netflix-trefferreeks Bridgerton sal terugkeer nie.

Die aankondiging is in Lady Whistledown se sosiale media gemaak.“Terwyl alle oë gerig is op lord Anthony Bridgerton se strewe om ’n burggravin te soek, wil ons tot siens sê aan Regé-Jean Page, wat die hertog van Hastings gespeel het,” lees die karakter se plasing.“Ons sal hom op die skerm mis, maar hy sal altyd deel bly van die Bridgerton-familie.

”Page het in sy eie sosiale media geantwoord: “’n Plesier en ’n voorreg! Dis ’n eer om lid van dié familie te wees – op die skerm en daarnaas.” - Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters