12 dae gelede
Grootprater Jason is eerste uit
ONKANT GEVANG: Die aanbieder Nico Panagio kondig aan dat Jason uitgestem is.  ~ Foto Verskaf

DIS mos gewoonlik die grootpraters wat altyd eerste ’n lange moet gooi, nè?

Dit is presies wat met Jason Brookstein gebeur het toe hy Donderdag die eerste castaway geword het wat sy sakkies moes pak en koebaai waai aan Survivor SA: Immunity Island, wat aan die pragtige Oos-Kaapse Wildekus geskiet is.

Sjym, arme Jason was te vol leë beloftes. Hy het sy span, Zamba, hand en tand belowe dat hy, ’n professionele struktuur-ingenieur, sal sorg dat hy hulle sal help met hul skuilplek.

Daarna het hy weer beloof dat hy ’n bobaas-vuurmaker is, net om sy span aan die verloorkant te kry toe hy gefaal het in ’n challenge teen die ander span, Vuna, se vuurmaker, Chappies.

Asof dit nie genoeg was nie, het hy sy span weer teleurgestel in die groep-challenge deur stadig te swem en heeltyd te val terwyl hy moes hardloop om sy span dié keer aan die wenkant te kry.

Sy span het eindelik genoeg van hom gehad en het ’n perfekte blind­side teen hom beplan.

Ek blameer eerlik nie Jason se spanmaats nie; hy het dit verdien. Hy het grootgepraat en kon nie die mas opkom nie.

Die eerste episode van Survivor SA: Immunity Island was vol pret, verrassings en attitude.

Ons kan beslis nie wag vir die volgende opwindende episode nie.

) Survivor SA: Immunity Island is Donderdae 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters