7 dae gelede
Groep laat lekker musiek én vette skud
VARS MUSIEK: Nadeem Parker (links) en Rico White is die lede van Die Nuwe Groove Station.  ~ Salmon Smith

DIS byna festive season – die silly season waar alles mal gaan en die voete jeuk vir ’n lekker jol!

Hierdie jaar stel die groep Die Nuwe Groove Station nie teleur nie.

Hulle het pas hul debuut-CD, Skit Jou Vette Af, net betyds vir die festive season uitgereik. Daarop is 16 lekker dans-liedjies met ’n humoristiese trant op – die ou Groove Station-trant.

Die Nuwe Groove Station is twee funny ouense vannie Bontas – Rico White en Nadeem Parker. Hulle het deur die lockdown hard aan die CD gewerk en dit in die Jazzitup-studio opgeneem.

“Die titelsnit, ‘Skit Jou Vette Af’, gaan juis daaroor dat jy daai vette moet verloor wat jy gedurende die lockdown opgebou het,” sê White.

Medley

“Van die ander songs op die CD is ‘Die Bonteheuwel Anthem’, ‘Alles is Pap’, ‘Jou Lippe is Los’, ‘Jy’s innie Kak’ en ‘Sy Naam is Boeta Sallies’.

“Ons het ook ’n medley op met van die ou Groove Station­ se hit songs.”

White vertel hulle het sommige van die ou songs soos “Kô Dans Vanaand Met My”, “Wat is ’n Huis Sonder ’n Moeder?” en “Daar Kom die Bruid” revamp.

“Dié idee kom van ’n ou Groove Station fan wat my gevra het om dit te doen.”

Die gaskunstenaar op die CD is U-Carmen. Die social media-karakter Boeta Sallies maak ook sy verskyning in van die songs se musiek­video’s.

Die songs is op LinkedIn, TikTok, Amazon en YouTube beskikbaar.

Die CD is ook by White by 076 738 0005 of Parker by 084 587 3393 te koop.

Julle kan Die Nuwe Groove Station se manne ook vir gigs by bogenoemde nommers boek.

Roer jou litte en koop sommer vandag nog jou CD!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters